South African rand (R)
  • South African rand (R)
  • United States dollar ($)

MINITZA op Nataniel Se TOEGANG op KykNet

So trots op hierdie video wat op @Nataniël se Toegang op Kyknet uitgesaai was so rukkie terug. Dankie aan Nataniel wat ons kunstenaars so ondersteun. Dit sal altyd as ‘n hoogtepunt by my bly…

Die Lekkerste oproep ooit! Nataniel aan die ander kant….

Baie verras om die bekende “stem” te hoor toe ek my foon antwoord. Amper antwoord ek dit nie, want dit was n onbekende nommer en hoe sou ek nou ooit kon raai dat dit Nataniel is wat my skakel!
Heel verleë, met ‘n erg onderdrukte opgewondenheid binne in my, want mens moet darem so bietjie profesioneel klink oor die foon 😉, terwyl ek in werklikheid in die tuin op-en-af spring van opgewondenheid!

Ons gesels heerlik en Nataniel vertel my van sy nuwe Kook reeks – TOEGANG – op Kyknet waar hy op die program iets van ‘n kunstenaar gebruik of dra en dan ook die kunstenaar se studio verfilm en dit deel maak van die program. Hy vertel my dat hy in Brooklyn se lieflike Goldengoose Artistery winkel, een van my hangertjies gekoop het. Hy gaan dit dra met een van sy opnames, en wil graag my studio kom afneem waar ek werk, sommer so tussen deur juwele maak en ‘n oorspronklike kunswerk deur die etspers rol.

Nou moet ek bieg, dit is Lockdown 2020, geen haarkappers wat oop is op daai stadium nie. En die dieët het ook nie eintlik gehelp nie, soos mens heerlik bietjie “let-go” soos op ‘n vakansie. Nie te min, my studio was nog nooit so netjies nie en ek was baie gelukkig om deur my vriendin – haarkapper, hier by die huis ‘n mooi gesiggie vir my op te sit en my hare so bietjie reg geruk het .
Dit was ‘n heerlike ondervinding en filmman, Jan-Hendrik het ‘n kunstige oog waar ek elke nou en dan tussen deur die verfilming geloer het wat hy alles afneem.
Die eerste uitsaai van die program was Maandag 26 Oktober 2020. Ons het nie DSTV by die vakansie plekkie nie. En boonop was dit die vorige dag my verjaarsdag wat die datum nog meer spesiaal gemaak het. ‘n Familielid het die opname van die stukkie van my studio vir my sommer op haar selfoon af geneem en dit was heerlik om darem ietsie te kon sien!
Met die terug kom in die week het ek my gehaas na DSTV Catch-up en kon uiteindelik die program in hoë kwaliteit kyk.
Dit was n absolute voorreg om deel te kon wees van Nataniel se program TOEGANG. Nie net om daarop te kon verskein nie, maar die terugvoer van mense dwars oor die land en ook Buite ons land se grense. Baie nuwe gesigte en kliente asook nuwe geleenthede het kop uitgesteek. Hiervoor is ek geweldig dankbaar.

Dankie aan Nataniel wat ons kunstenaars so ondersteun. Dit sal altyd as ‘n hoogtepunt by my bly!

MINITZA  Artworks are  inspired by  the beautiful South African Fauna & Flora, and Found Objects.

My basket

No products in the cart.